40°

Prelazeći ulicu vidio sam kako je leptir pao negdje između mene i debele crnkinje s
rukama punim plastičnih vreća.
Limun žuta, plava i mekano crna:
mislio sam, otkud takve boje na mrtvom leptiru a onda sam pogledao gore u vrhove
drveća i granitna brda i oblake i sjetio se da je ovo novi svijet.

© Tomica Bajsić
De: Južni križ
Goranovo proljeće, 1998
Producción de Audio: Tomislav Krevzelj, Udruga radio mreza 2011

SWA’T LIPPE

Luiste’
Julle wat aan my loneliness kou
met julle TV’s aan
Julle wat my begrafnis elke oggend bywoen
om 'n kês aan te stiek
luiste’
Ek sal 'n verb in julle oë djaag
Ek sal 'n beat in julle bo’ste plant

Ek hettie 'n sent in my hart ‘ie
of gladde praatjies en captions wat in my sak verstiek issie
Ek spread my beauty op concrete strate
Ek doep my hanne in poets se bloed
Ek skryf alles in 9mm caliber
Daa’ is niemand vi’ my om te respect ‘ie
'n Dêtigjarige buitelander
Ek dra gien verantwoordelikheid ‘ie
Ek spoeg woo’de op 120 B.P.M.

Djy man op straat!
Djy deel liefde in centimete’ uit
Koep liefde met kredietkaar’e
Trumpet jou abilities
Op jou screen download jy erections
Nie ien van julle ka’ aan my liggaam raak ‘ie
Ek vê’f my lippe elke aan’ swa’t

Luiste’ na my, julle wat deu’ my disappointments blaai!
Julle wil hê dat ek 'n straight lyn moet wies, 'n man en nie 'n seun nie
Julle wil hê ek moet 'n goed toegewe’kde baadjie wies
Polite en political
Julle bind my arms soes ‘n horlosie
Julle try my in die wêreld inprop
Kan julle, soes ek,
Woo’de in dade ve’anne’?
Kan julle die lente in julle mae dra?
Brand sonder as?

Ko’ laat ek jou 'n mens maak,
you, your Honour, wat skuld van u baa’d afvie
u, gerespecte joernalis, wat die dood announce
u, filantropiese lady, wat die koppe van die kinners pêt sonner om te buig
en u wat hierdie poem gelies het en u vinge’ lek -
Aan almal van julle sacrifice ek myself
Gloe my
One day sal julle my aanbid soes die Here
Maar ek is sorry vi’ u mister -
ek onnehandel ‘ie met accountants van woo’de nie
met art critics wat uit my hanne iet
u mag my voete was as u wil
Moetie dit personal vattie

Hoeko’ need ek bullets as daa’ soveel woo’de is
Wat prepared is om vir my te stê’f?

Translated into Kaaps by Mikhail Dreyer